History

At Waboomsrivier Wine Cellar tradition is honoured and true hospitality and wine of excellence are effortlessness combined.

The early settlers took the wood of the Waboom, closely related to the world renowned Protea-family (Protea Arborea), and build their wagon wheels with it. The tree’s bark was used as leather and even the leaves were used to produce ink. It was the name of this tree, indigenous to the surroundings, which gave birth to Waboomsrivier Wine Cellar.

The first board of directors – as early as 1949 – included the wealth of knowledge from Mr AJ van der Merwe, SF du Toit,
PJ Viljoen, DT du Toit and MJM Cloete.

Many years ago the quaint little town, Breërivier, boasted a clinic, a post office, a police station and two cafés. The Breërivier station was a very busy place in the earlier days where farmers dropped off their produce or got on the train themselves, but the station nowadays is quiet and deserted.

The grapes from this valley vary between sandy riverbeds to very rocky soils from high up in the mountains. Not only known for the delightful grapes, peaches and pears from this origin have gained quite a reputation at the fresh market. Prunes, apples olives, pecan nuts and persimmons are also grown in this fertile valley.

 

Published on Wednesday 24 April 1968, Die Burger

Hoe Koos van der Merwe Koning Geword het.

“Laat ek jou voorstel aan my vriend Koos Koning.” “Koos Koning?”“ Ja, Koos Koning, wel eintlik Koos van der Merwe.”

“Koos van der Merwe?  Nee wag jong, moenie my vir die gek hou nie; ek ken die Koos van der Merwe-grappies!”
Hoe nou gemaak? Dink ek mismoedig. Want toevallig heet my vriend Koos Koning! So is hy dwarsdeur die Boland bekend.  Wanneer jy praat van Jakobus Johannes van der Merwe – soos hy eintlik gedoop is – sal niemand seker weet van wie jy praat nie.

Waar kom Koos aan die bynaam van Koning?  Snaaks genoeg is dit ‘n verhaal wat nog nooit gepubliseer is nie.  En waar dit nou vir die eerste keer gedoen word, moet die tyd 21 jaar teruggeskuif word na Vrydagaand, 21 Februarie 1947.
Dit was op daardie gedenkwaardige aand dat Koning George VI en sy gevolg op die plaas Goedgeloof van Mnr Albertus van der Merwe in die Breëriviervallei naby Bainskloof oornag het.

Koos – hy is een van oom Bert se seuns – was toe nog student op Stellenbosch en hy en sy tweelingsuster, Johanna, wat ook student was, het spesiaal die naweek huis toe gekom, “want ons wou niks misloop nie.”

Die Van der Merwes van Goedgeloof het natuurlik lank voor die bestemde tyd kennis gekry dat die Koningsgesin op hul plaas sou oornag – sover bekend die enigste private terrein waar hulle op hul reis deur die destydse Unie oorgebly het.  Die gedagte was dat die Koningsgesin in ‘n landelike omgewing moes rus voordat die veeleisend toer deur die Unie aangepak sou word.

Mense dink na al die jare nog steeds dat die spoor spesiaal vir die een nag deur my pa se wingerd aangelê is, sê Koos.  Feit is egter dat die spoorlyn by die destydse Breërivierstasie ‘n skerp draai gemaak het wat die treine laat swaarkry het.  Die draai wou in elkgeval verlê word; die Koning se koms het dit net verhaas.  Die nuwe verlegging is inderhaas voltooi en die Wit Trein het gevolglik op ‘n syspoor oornag.  Kort daarna, toe die nuwe stasie gebou is, het daardie syspoor die nuwe lys gevorm waaroor al die treine vandag snel.

Koos sê hy kan sy oë nie glo toe hy die middag op die plaas aankom nie. 
Dit was ‘n gewerskaf van ‘n ander wêreld.  ‘n Indrukwekkende dennelaan is aangelê, bestaande uit afgesaagde dennebome wat die middag langs die spoorlyn
geplant is.

‘n Netjiese ringtennisbaan is aangelê en toe die skemer toesak, het talle buisligte die terrein in ‘n sprokieswêrled omgetower.  ‘n Mobiele krageenheid het daarvoor gesorg  Die wingerd, wat as gevolg van al die voorbereidsels onder ‘n stoflaag bedek was – talle vragmotors het die dag koorsagtig heen en weer beweeg om alles in orde te kry – is behoorlik skoongespuit, sodat die Bolandse trots lowergroen langs die spoorlyn gepryk het. 

Honderde mense het na Goedgeloof gestroom en toe die gidstrein – die huidige Orange-sneltrein – gevolg deur die Wit trein die sylyn stadig nader, het die nuuskieriges bankvas om die omheining gestaan.  Die was klokslag sewe-uur die Vrydagaand.

Kort nadat die treine tot stilstand gekom het, het Koning George gevra om Oom Bert en Tant Maryna, Koos se ouers te ontmoet.  Die Koning het sy verskyning gemaak, uitgeklim en hulle op die perron gegroet.  Hy het hulle na die sitkamer gebring, waar hulle ‘n lang ruk lekker gesels het.  Toe hulle afskeid neem, kon oom Bert die deur nie ookry nie en die Koning het self vir hom die deur oopgemaak, waarop oom Bert nie aldag dat ‘n koning vir iemand anders ‘n deur oopmaak gevat gesê het:  “Dit gebeur seker nie.”  Die Koning het heerlik hieroor gelag.

Oom Bert het die Koningsgesin en hul gevolg genooi om voor hul vertrek die Saterdagoggend ‘n besoek aan sy plaashuis te bring en tee te kom drink.  Die hoë gaste het dit met dank aanvaar en die oggend het hulle die sowat 500 tree na oom Bert se opstal te voet afgelê.  Onder die gevolg wat natuurlik ook Peter Townsend, wat later wêreldbekendheid verwerf het deur sy romanse met prinses Margaret.  Die twee prinsesse, Elizabeth en Margaret, het later gevolg.
Na hul aankoms by die opstal het oom Bert hulle genooi om sy Wynkelder te besoek en van die vars mos te drink – dit was in die hartjie van parstyd.

(Die kelder is natuurlik die vorige dag blink geskrop vir die geleentheid.)  Almal het van die mos gedrink wat in blink aluminiumbekers geskink is.  Die Koning het die Koningin skertsend gewaarsku om nie te veel te drink nie, want sy moet ‘n uur of wat later nog op Worcester “perform”.

Click to enlargeTee is hierna in die huis voorgesit.  Die tyd het ongemerk verbygesnel en die bestemde tyd van vertrek het reeds aangebreek.  En alles moes volgens ‘n vasgestelde program geskied.  Die trein het op die sylyn aanhoudend begin blaas om die Koning te waarsku.  Tant Maryna het gebelg aan die Koning gesê “ Wil hulle u tog nie voorskryf wat om te doen nie?”
Koos vertel van nog ‘n humoristiese voorval.  Die Van der Merwes het ‘n groot Dobermannhond gehad.  Een van die gevolg het met die hond probeer maats maak, maar die Dobermann was nie daarmee gediend nie.  Op ‘n vraag aan Koos wat die hond se naam is, was sy antwoord: Rommel, “Verbrands!” het die aide-de-camp hierop laat volg, “ek moet in die woestyd vir die Rommel vlug – moet ek hier die Suid-Afrika ook vir ‘n Rommel hardloop?”

Na hulle landsreis het die Koningsgesin weer op Goedgeloof kom oornag – daar in die lieflike omgewing van die Breërivier wat so ‘n groot indruk op hulle gemaak het.  Oom Bert en Tant Maryna is deur die Koning na die trein genooi, waar hy ‘n foto van die Koningsgesin, deur hulle onderteken, aan hulle oorhandig het.  Die S.A.U.K het hierna ‘n opname gemaak van Oom Bert se indrukke van die Koningsgesin.  Hy kon nie genoeg praat van die hartlikheid en menslikheid van die Koning en die Koningin nie.

En die bynaam?  Toe Koos daardie Sondagaand by Huis Marais opdaag, het ‘n student bo uit ‘n kamervenster hom luid verwelkom met die woorde: “Haai, Koos Koning, het jy toe aan die Koning se hand gevat?”
Die naam het bly kleef.  En hierdie “erenaam” sal van geslag tot geslag oorgedra word, want vandag nog sê die mense in hierdie geweste: “ Gaan ons nie vannaand by die Konings kuier nie?”  En dan bedoen hulle natuulik die Van der Merwes van Goedgeloof.  Die het geen verduideliking nodig nie. Almal verstaan dit so.